Back to jobs
Media24 logo

Position Discovery

Hersiensub

Cape Town, Western Cape Advertising and content marketing 3 Views Closing: Oct 30, 2026

Position Details

Hersiensubredakteur: Die Burger

Sluit aan by Die Burger se nagkantoor in Kaapstad.

As jy onder druk gedy, ’n nuushond is, kreatief dink en ’n aanleg vir tale het, is hierdie ’n geleentheid vir jou. Die Burger het ’n vakature vir ’n ervare subredakteur in sy nagkantoor in Kaapstad wat aan die nasionale produksieredakteur rapporteer en nou saam met Die Burger se eindredakteur en bladuitlegspan werk. Die posbekleër aanvaar finale verantwoordelikheid daarvoor dat deeglik versorgde kopie in die koerant gepubliseer word. Hy of sy moet bereid wees om ongereelde ure, oor naweke en op vakansiedae te werk. Pligte • Sub en hersien van kopie, skryf van koerantopskrifte vir berigte. Vaardighede • Bewese taalkennis, joernalistieke en redaksionele vaardighede. • Moet in vlot Afrikaans kan redigeer. • Goeie kennis van die koerantproduksieproses. • Uitsonderlike algemene kennis. • Die vermoë om onder die druk van spertye te werk en goed saam met ’n span te werk. Kwalifikasies • ’n Relevante tersiêre kwalifikasie. • ’n Minimum van tien jaar ervaring in ’n nuuskantoor as ’n subredakteur. Die suksesvolle kandidaat sal ’n permanente aandskof en elke tweede Sondag werk.

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal daar aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word .

Loading Ad

Source: media24.simplify.hr

Secure this opportunity

Apply Now

Direct application via media24.simplify.hr

AI Bot Logo AI Career Toolkit

Loading Ad