Job Details
Media24
Position Discovery
Senior Subredakteur
Position Details
Media24 Afrikaanse Media het ’n pos vir ’n senior subredakteur in die Netwerk24-kantoor in Kaapstad, Johannesburg, Pretoria of Bloemfontein.
Verantwoordelikhede sluit in:
• Redigeer van kopie, met genoegsame kennis om dit op ’n sinvolle wyse te herskryf en te verkort, indien nodig;
• Kontroleer korrektheid van feite, spelling en grammatika;
• Skryf goeie byskrifte en opskrifte wat sowel die aandag trek as taalkundig en feitelik korrek is;
• Maak seker dat kopie die publikasie se spesifieke styl volg wat grammatika, taalgebruik en voorkeurspelwyses betref;
• Skakel met ander subredakteurs, verslaggewers, nuus- en tuisbladredakteurs om vloei en gehalte van nuusberigte te verseker; en
• Bly ingelig oor die jongste taalreëls soos in die taalstylgidse vervat.
Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:
• Toepaslike tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, tale, kommunikasie, mediastudies of die geesteswetenskappe;
• Uitstekende taal- en skryfvaardighede in Afrikaans en ervaring in ’n digitale nuusomgewing;
• Agt tot tien jaar toepaslike joernalistieke ervaring sal ’n sterk aanbeveling wees;
• ’n Aanvoeling vir en belangstelling in nuus en aktuele sake;
• ’n Uitgebreide algemene kennis;
• Moet eie inisiatief aan die dag kan lê, maar ook in ’n span kan saamwerk;
• Moet vinnig en akkuraat onder druk kan werk.
• Ingesteldheid op gehalte
• Goeie besluitnemingsvermoë
• Moet bereid wees om ongereelde ure te werk, insluitend oggend-en aandskofte, openbare vakansiedae en naweke; en
• Moet beskik oor internettoegang.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal daar aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word .
Source: media24.simplify.hr
Secure this opportunity
Direct application via media24.simplify.hr
AI Career Toolkit